Parys van Toeka tot 1995 ‘n gewilde
Facebook groep wat meestal bestaan uit oud-leerlinge van Parys Hoërskool, het op
16 September 2017 vir die tweede agtereenvolgende jaar ‘n baie suksesvolle
reunie gehou op die walle van die Vaalrivier.
Die
reunie saamtrek is gehou op die gronde van die Parys Likkewaan Kano Klub. Die
hoof organiseerder, Petro van Rensburg en haar vlytige span helpers het
toegesien dat al die reëlings seepglad verloop.
Oud-leerlinge
(sommiges vergesel van hul gades, kinders en klein-kinders) het in groot
getalle opgedaag en daar is heerlik gekuier, vleisgebraai....GESELS!!
Sorgelose kinderjare is herleef, hope “kan jy nog onthou”-staaltjies is vertel en “nuwe” nuus is uitgeruil.
Laataand is daar ‘n bietjie geskoffel so al om die braaivleis vuur voordat die pad huiswaarts aangepak is.
Almal was
dit eens...die reunie was ‘n groot sukses en daar word gretig gewag om die
fotos wat geneem is, te sien en natuurlik word daar al klaar beplan
aan die volgende byeenkoms.
Sorgelose kinderjare is herleef, hope “kan jy nog onthou”-staaltjies is vertel en “nuwe” nuus is uitgeruil.
Laataand is daar ‘n bietjie geskoffel so al om die braaivleis vuur voordat die pad huiswaarts aangepak is.
No comments:
Post a Comment